CrimeNews

Tref-en-trap eis 1

'n BEWEERDE bakleiery laataand by 'n kuierplek het daartoe gelei dat 'n jong man Saterdagaand in 'n tref-en-trapongeluk voor sy woning in Geyserstraat dood is.

‘n BEWEERDE bakleiery laataand by ‘n kuierplek het daartoe gelei dat ‘n jong man Saterdagaand in ‘n tref-en-trapongeluk voor sy woning in Geyserstraat dood is.

André van den Bergh (29) is dood nadat ‘n wit dubbelkajuitbakkie hom omgery het terwyl hy oor die pad geloop het.

Die bestuurder van die voertuig, het na bewering gepoog om van die toneel te vlug, maar is vasgetrek.

Van den Bergh se vriendin, Nanene Engelbrecht, beweer dat die insident nie ‘n blote ongeluk was nie.

“André is vermoor.”

Special Operations Solutions (SOS) se reaksiebestuurder, Martin van Eck, sê hy het die tref-en-trap ongeluk voor sy eie oë sien gebeur.

Hy was in Geyserstraat toe ‘n wit dubbelkajuitbakkie volgens hom verby hom gejaag het en Van den Bergh wat besig was om oor dié pad te loop, getref.

Die bestuurder van die bakkie het daarna gepoog om van die toneel te vlug, maar Van Eck kon daarin slaag om die man ‘n paar meter verder by ‘n verkeerslig voor die Nylpark sentrum vas te keer.

Van den Bergh het op die toneel gesterf.

Peter Kellerman, ‘n familielid van Engelbrecht het aan Bosveld gesê die ondersoek na Van den Bergh se dood is nou in die hande van die polisie.

Kellerman meen ook dit was moord met voorbedagte rade.

Die bestuurder van die bakkie, wat volgens die polisie onder die invloed van drank was ten tye van die ongeluk, is in hegtenis geneem en van strafbare manslag aangekla.

Hy het Maandagoggend vlugtig in die Mokopane landroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Hy moet weer op 25 Junie in die hof verskyn.

Related Articles

Back to top button