Bolivia Lodge borg Bernadine se dag

In Augustus sal Bernadine Hugo saam met haar droomman, Gert du Preez, trou beloof, en die grootste borg van hierdie geleentheid is Bolivia Lodge.

POLOKWANE – In Augustus sal Bernadine Hugo saam met haar droomman, Gert du Preez, trou beloof, en die grootste borg van hierdie geleentheid is Bolivia Lodge.

Bolivia Lodge skenk nie net die gebruik van hul kapel en die onthaalsaal nie, maar sal ook ‘n kamer aan die bruid die aand voor die troue beskikbaar stel asook die wittebroodsuite vir die paartjie se eerste aand as Meneer en Mevrou du Preez.

Bolivia Lodge het ‘n uitsonderlike reputasie as onthaal- en troubestemming.

“Ons spesialiseer daarin om onvergeetlike onthale aan te bied en ons bied ook ‘n komplimentêre wittebroodsaand aan ons bruide,” sê Sonja Randall, bemarkingsbestuurder van Bolivia Lodge.

Bolivia Lodge bied ‘n keuse van twee kapelle en verskeie onthaalgeriewe vir die voornemende bruid.

Die personeel sorg vir spyseniering uit die boonste rakke vanuit hul ten volle toegeruste kombuis op die perseel. Gashere en -vroue kan kies van ‘n verskeidenheid spyskaarte wat aangepas kan word om in die bruidspaar se smaak te val.

“Ons bruidspare kan kies of hulle ‘n kontant- of kre-dietkroeg wil hê. Hulle kan ook ‘n volledige kroeg of ‘n moutkroeg kies en ons bied ‘n eksklusiewe bed en ontbyttarief vir die trougaste aan,” sê Randall.

Die komplimentêre wittebroodsuite bied ‘n stort, bad, aparte toilet, private sitka-mer, koningingrootte bed, plasmatelevisie met DSTV en ‘n leestafel. Daar is ook ‘n klein kombuisie met ‘n mikrogolf-oond, kroegyskassie asook koffie- en teefasiliteite.

‘n Spuitbad met ‘n aparte stort en toilet in die private braai en ontspanningsarea rond die prentjie perfek af.

Bernadine sê alles is so mooi, sy wil sommer permanent intrek.

Bolivia Lodge bied die perfekte balans tussen ‘n ten volle toegeruste konferensiesentrum met 14 verskillende sale sowel as akkommodasie-opsies om elke behoefte te vervul.

Dié lodge is geleë aan die ooste van Polokwane op die Modjadjiskloofpad, slegs 20 minute se ry vanaf die Polokwane lughawe en slegs 700m van Mall of the North.

Hulle bied genoeg parkering vir gaste, en die ontvangslokaal is 24 uur ‘n dag oop. Op die perseel is ‘n swembad, kroeg, selfoonlugtyd-aankoopmasjien en mini-kiosk.

Bolivia Lodge bied ook gratis minibusvervoer na inkopiesentrums, lughawens, busstasies en sportstadiums op aanvraag. Die onthaalvertrekke kan tussen agt en 1 400 gaste akkommodeer, afhangende van die geleentheid. Dit sluit troues, optredes, uitstallings vrystellings, galageleenthede, spanbougeleentheide en vergaderings in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version