4 ure se hel in wrak van vragmotor

AUBREY Malivi is verlede Vrydagoggend sy linkerbeen kwyt na hy vir bykans vier ure lank in die vragmotor waarin hy gereis het se kajuit vasgekeer was nadat dit in 'n ernstige ongeluk was en die bestuurder omgekom het.

AUBREY Malivi is verlede Vrydagoggend sy linkerbeen kwyt na hy vir bykans vier ure lank in die vragmotor waarin hy gereis het se kajuit vasgekeer was nadat dit in ‘n ernstige ongeluk was en die bestuurder omgekom het.

Dit het ‘n taakmag van nooddienspersoneel en spesiale masjienerie gekos om die erg beseerde man uit die ingeduikte kajuit van ‘n vragmotor wat op die R518 buite die dorp omgekeer het, te bevry.

Die vragmotor en sy twee waentjies het ‘n groot vrag houtplanke vervoer en het om ‘n skerp draai in die veld op sy dak beland.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Na paramedici se urelange geswoeg is daar noodge-dwonge besluit om van ‘n hyskraan gebruik te maak om hulle reddingspoging te vergemaklik. Dié besluit is ook weens veilgheidsaspekte geneem.

Die hyskraan het met groot omsigtigheid sy doel gedien en die man is ten einde laaste gered.

Sy linkerbeen moes egter geamputeer word.

Die pad is afgekordon, ‘n helikopter van die provinsie het op die toneel geland en die pasiënt is na die Mediclinic Limpopo gevlieg.

‘n Spesiale insleepvoertuig vanaf Polokwane het bystand gebied om die vragmotor uit die veld te sleep.

Die naam van die oorledene was nog onbekend ten die tyd wat Bosveld gedruk is.

Exit mobile version