Local NewsNews

In woord en daad vir ‘n goeie doel

Verlede Vrydagaand is die vierde jaarlikse Walk the Talk van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging aangebied en die sowat 400 inwoners van die stad wat deelgeneem het, het die geleentheid gehad om kuier-kuier 5km ver te stap.

POLOKWANE – Verlede Vrydagaand is die vierde jaarlikse Walk the Talk van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging aangebied en die sowat 400 inwoners van die stad wat deelgeneem het, het die geleentheid gehad om kuier-kuier 5km ver te stap.

Die geleentheid het afgeskop by die N.G. Kerk-Noord waar deelnemers eers sop en brood kon nuttig ter versterking voor die groot staptog. Die Doxa en Sebilon dansgroepe het die stappers vermaak terwyl hulle geëet het.

Hierna het deelnemers gestap tot by die Gereformeerde Kerk-Sentraal Pietersburg op die hoek van Jorrison-en Voorstrekkerstraat, waar hulle ‘n heerlike hoendergereg as hoofgereg genuttig het.

Daarna het die stappers die laaste skof na die Agapé-gemeente in Kiddsstraat aangepak waar hulle met ‘n heerlike nagereg beloon is.

Kaartjies het R100 gekos en die opbreng van hierdie projek is aan die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging geskenk. Hierdie vereniging is ‘n organisasie sonder winsbejag wat totaal van donasies afhanklik is.

“Ons wil baie dankie sê aan almal wat betrokke wasby die funksie. Dit was ‘n geweldige sukses,” het Lorette Bosch, bestuurder van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button