Local NewsNews

Ouma D (80) verjaar saam met 1-jarige

Dorothy Jacobs, ook bekend as Ouma D, het haar 80ste verjaardag saam met die eenjarige Bokong Moropana van Footprints Kleuterskool in Polokwane op 15 April gevier.

POLOKWANE – Dorothy Jacobs, ook bekend as Ouma D, het haar 80ste verjaardag saam met die eenjarige Bokong Moropana van Footprints Kleuterskool in Polokwane op 15 April gevier.

Dorothy is bekend as ‘n staatmaker in die gemeenskap en het ‘n sagte plekkie in haar hart vir haar bure, René Lion en die kinders van Footprints. “Jy moet jou bure liefhê, want dis hulle wat jou oppas,” verduidelik sy.

“Elke dag kom groet die kinders my. Ek woon baie lekker hier.”

Net voor Dorothy opdaag by die skool in Verveenstraat, was die kinders hulle hande en begin hulle “Ouma D, Ouma D”, uitroep.

Die kinders is lekker bederf met ‘n partytjie vir Bokong en Dorothy. Hulle het koek, poeding en sjokoladebruintjies as deel van die verjaardagvieringe geniet.

Dorothy is gebore in Polokwane waarna sy op 17-jarige ouderdom na Johannesburg toe getrek het en as verpleegster gewerk het. “Na my man se dood het ek op die ouderdom van 60 teruggetrek na Westenburg,” vertel sy.

“Ek het destyds ‘n erf hier gekoop en toe maar begin bou en aanhou bou soos ek kon. Ek het gewerk as ‘n naaldwerkster in Bendor,” verduidelik sy.

“Vandag is die lekkerste verjaarsdag. Al die kinders is so gelukkig en dit maak my gelukkig,” sê Dorothy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button