Local NewsNews

Mooi bra’s vir KANSA

Kansa het verlede Woensdagaand 'n unieke bra-veiling aangebied by die Pietersburgklub in Suidstraat en Ria du Plessis, een van die organiseerders, sê die aand was 'n reuse sukses.

POLOKWANE – Kansa het verlede Woensdagaand ‘n unieke bra-veiling aangebied by die Pietersburgklub in Suidstraat en Ria du Plessis, een van die organiseerders, sê die aand was ‘n reuse sukses.

Die inisiatief het in November begin met ‘n bra-ontwerp-kompetisie wat op 7 Maart gesluit het. Deelnemers het die geleentheid gekry om ‘n bra op te dollie en mooi te maak. Hierdie bra’s is by Woensdag-aand se veiling opgeveil ten bate van Kansa.

‘n Totaal van 30 bra’s is opgeveil en die bra wat die meeste geld geïn het, se ontwerper het ‘n splinternuwe Bernina naaimasjien gewen.

“Vir hierdie geleentheid het ons 85 kaartjies verkoop teen R250 per persoon. Hierdie fondse sluit nie die geld wat ons ingesamel het met die bra-veiling in nie,” het du Plessis verduidelik.

Exclusive Properties het die naaimasjien gewen. Hul bra is vir R1 050 op die vei-ling verkoop.

Du Plessis het elke persoon wat ‘n kaartjie gekoop het ten bate van Kansa en ook die volgende borge bedank:

• Netwerk Makelaars;

• Aggie Ströh;

• Agrochem;

• Medicar;

• Exclusive Properties;

• Mac Gyver;

• Pietersburgklub;

• The Goose Wines;

• Debbie Mouton Jewellers;

• Polokwane Flower Emporium, en

• House of Finesse.

Related Articles

One Comment

Back to top button