Local NewsNews

Groot pret by laaste markdag van 2013

Die Doornbult Gemeenskapspolisiëringforum (GPF) het hulle laaste markdag vir die jaar by die Soetdorings Buiteklub aangebied.

Die Doornbult Gemeenskapspolisiëringforum (GPF) het Saterdag hulle laaste markdag vir die jaar by die Soetdorings Buiteklub aangebied.

“Die forum maak staat op fondse en donasies van die gemeenskap om die paaie hier rond in stand te hou, paaie te merk, noodhulp- en brandbestrydingstoerusting aan te koop en ander projekte aan te pak wat tot die voordeel van die inwoners is. Geld wat gegenereer is tydens die markdag vul die donasies en skenkings aan en word teruggeploeg in die gemeenskap,” het Mariaan Coetzee, sekretaresse van die Doornbult GPF, verduidelik.

Die markdag het stalletjies gehad wat iets vir die hele gesin gebied het. Daar was stalletjies met boereworsrolle, juwele, speelgoed, handsakke en selfs skilderye. Daar was ook ‘n Kersvader wat die kinders by die mark kom verras het en lekkernye uitgedeel het.

“Ons as organiseerders bedank graag Soetdorings Buiteklub vir die gebruik van die perseel, asook alle uitstallers en besoekers aan die mark,” het Coetzee gesê.

Minette en Minke van der Walt geniet 'n heerlike somersdag by die Doornbult Markdag.
Minette en Minke van der Walt geniet ‘n heerlike somersdag by die Doornbult Markdag.
Corrie Coetzee is Kersvader se saamrygeleentheid by Doornbult GPF se markdag.
Corrie Coetzee is Kersvader se saamrygeleentheid by Doornbult GPF se markdag.
Gervacques Jardine wys hoe hy, nes Spiderman, ook 'n web kan skiet.
Gervacques Jardine wys hoe hy, nes Spiderman, ook ‘n web kan skiet.
Monica en Marina Engelbrecht verkoop handgemaakte produkte wat ideaal is as kersgeskenke by die markdag.
Monica en Marina Engelbrecht verkoop handgemaakte produkte wat ideaal is as kersgeskenke by die markdag.

Related Articles

Back to top button