Local NewsNews

Doornbult GPF hou weer markdag

Die GPF in samewerking met Soetdorings Buiteklub het 'n markdag aangebied

Die Doornbult Gemeenskaps-polisieĂ«ringforum, in samewerking met Soetdorings Buiteklub het ‘n markdag aangebied op Saterdag, 7 September om inwoners in die gebied bewus te maak van die GPF.

“Die GPF bestaan al vir jare, maar steeds is daar mense in die gemeenskap wat nie van ons weet nie,” het Mariaan Coetzee, sekretaresse van die Doornbult GPF gesĂȘ.

Die dag het optredes deur Megan Bezuidenhout, Mia Louw en Cammy G ingehou. Nonnie de Lange se dansers het ook die markgangers vermaak met hul danspassies en het gaste die lyndans geleer.

Daar was ook ander aktiwiteite soos armdruk, ‘n 4×4 baan en gymkhana. Stalletjies met heerlike tuisgebak en lekkernye, tokkreen en ander handgemaakte items, worsrolle en juwele het ‘n verskeidenheid te koop aangebied.

“Die dag was vol pret en die weer was perfek, daar was soveel mense wat ons markdag kom ondersteun het en ons bedank almal vir hul ondersteuning,” het Niekolene Page, organiseerder van die Doornbult Markdag gesĂȘ.

Related Articles

Back to top button