GalleriesSchools galleries

Osie se gr. 7’s vier fees en groet vir oulaas

Op Woensdag, 11 Desember, het Oosskool se gr.7’s tydens hul prysuitdeling en afskeidsfunksie vir die laaste keer as groep die skoollied saam gesing.

Vakprestasies:

• Future Kids-skild vir uitsonderlike prestasie in Afrikaans: Marili Nel en Andru van Zyl met 98%.

• Mia Schulenburg-trofee vir uitsonderlike prestasie in geskiedenis: Andru van Zyl met 100%.

• Mia van Rhyn-trofee vir uitsonderlike prestasie in aardrykskunde: Andru van Zyl met 97%.

• Susan Geyer-trofee vir kreatiewe skryfwerk in Afrikaans: Felix Olivier.

• Van der Merwe-trofee vir best vordering in Engels: Marili Nel en Andru van Zyl met 94%.

• Desireé Schonken-trofee vir uitsonderlike prestasie in wiskunde: Lerize van Rhyn en Andru van Zyl met 98%.

• Antoinette Sauermann-wisseltrofee vir die beste vordering in wiskunde: Sisipho Twabo verbeter met 20% vanaf gr. 6 tot gr. 7.

• Tarien Briers-skild vir uitsonderlike prestasies in natuurwetenskap: Christo Reyneke en Lewis Greyling met 99%.

• Liesl Lourens-skild vir uitsonderlike prestasie in ekonomiese bestuurswetenskappe: Marili Nel en Andru van Zyl met 97%.

• Christoff Longland-trofee vir uitsonderlike prestasie in kuns en kultuur: Andru van Zyl met 97%.

• Essakow-skild vir uitsondelike prestasie in lewensoriëntering: Marili Nel met 99%.

• Kobus Kok-skild vir uitsonderlike prestasie in tegnologie: Juhkuska Zanna met 99%.

• Marili Nel ontvang die leierskaptoekenning asook die toekennig vir uitsonderlike prestasie in kultuur.

• Andru van Zyl ontvang ook die Dux leerling trofee, Osie van die Jaar- en Osie Ambassadeurstrofee.

Related Articles

Back to top button