Community galleriesGalleries

Vroue geïnspireer by Suikerbekkies se tee

Lynette Beer van Seeds of Inspiration is 'n ekstrovert wat maklik praat en hard lag. Soos wat sy stil-stil die verhoog bestyg, raak die saal tjoepstil en sy verbreek dié stilte deur 'n grappie te deel - dit alles tydens Suikerbekkie Kleuterskool se damesoggend op Saterdag, 25 November.

POLOKWANE – Die bekende skrywer en motiveringspreker kan effektief kommunikeer en slaag daarin om mense se potensiaal te kweek. Tydens die damesoggend het sy haar kennis oor hoe ‘n individue hulle breine na ‘n positiewe kanaal moet programmeer, met die dames gedeel. “Dit is belangrik om te weet dat mense anders kyk na ons en ons na hulle. Om jou brein te kan herprogrammeer, moet jy weet wie jy is, in jouself en in Christus. Dit is belangrik dat jy weet God het ‘n plan met jou. Jy kan jou brein bestuur. Ongeag jou eerste indruk, is dit die daaglikse optrede wat bevestig wie ‘n persoon is. Jy kan besluit of jy wil kwaad raak of nie,” vertel sy.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button