Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyle

[FOTO’S] VPG sê dankie met ‘Kossert’

Met hulle bekorende musiek het die Cordon Broers inwoners op 'n avontuur geneem tydens 'n spesiale 'Kossert' vir die Vereniging van Persone met Gestremdhede (VPG).

POLOKWANE – Die VPG Nasionale Raad en die provinsiale direkteurs van die nege provinsies se VPG, het verlede week by VGP Polokwane bymekaar gekom vir ‘n werkswinkel en om die mense asook VPG Polokwane se borge te bedank.

Die Cordon Broers, Lochner de Kock en Jannie du Toit, het die vermaak verskaf. VPG Nasionale Raad Direkteur, Therina Wentzel, vertel dat hulle al vir ongeveer 10 jaar saam met Jannie du Toit werk.

Jannie du Toit en Lochner de Kock van die Cordon Broers in aksie op die verhoog.

“Jannie sorg dat die plekke waar hy optree vir mense met gestremdhede toeganklik is. Dowe mense lê hom vreeslik na aan die hart en hy identifiseer dikwels vir ons mense om te help en by te staan. Dit is wonderlik vir ons om met hom geassosieër te wees.”

Jannie vertel dat een van die forumvrae tydens ‘n aansoek om by Innibos op te tree was wat hy as kunstenaar sal doen om sy optrede toeganklik te maak vir gestremdes.

“Daardie tyd het ek saam met Christa Steyn en Anna Davel opgetree. Ons is na Thelma Kotze wat vir ons gebaretaal geleer het en terwyl Anna sing, sal ek vir die dowe mense die lirieke vertolk. Daar is ook ‘n loop system installeer waar klank deur hardhorende mense se gehoortoestelle aan hulle gebring is. Ons maak ook A4-programme met Braille-skrif op,” verduidelik hy.

Hy vertel dat hy en Lochner reeds meers as 120 optredes saam gedoen het en dat hulle dit vreeslik geniet. Jannie sing en Lochner maak kos, deel staaltjies oor kos en gee nuttige wenke vir in die kombuis.

“Ek eet nie kos wat nie met liefde gemaak is nie. Wanneer jy onthaal is dit wys om druiwe te vries en dit in die plek van ys te gebruik om jou wyn of pons te verkoel,” is van sy voorstelle.

VPG Polokwane Direkteur, Christa van der Walt, het die funksie se reëlings behartig en gesê dit is hule manier om dankie te sê aan almal wat gereeld bydraes tot die organisasie maak.

Paar foto’s van die aand:

Neva Smith, Elmien Grobler, Steven Mthombeni en Inge Reichert is opgewonde oor die aand wat voorlê.
Brian Bezuidenhout, Lettie Boshoff, Danie Marais en Sandra Maritz het van so ver soos Kimberley gekom om Lochner de Kock en Jannie du Toit se vertoning by te woon.
Erno en Nataliya van der Westhuizen geniet die Cordon Broers se optrede saam met Beena Chiba.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button