GalleriesSchool sportSchools galleriesSportSports galleries

[FOTO’S] Tom Naudé teen Hoërskool Ellisras

Die eersterugbyspan van HTS Tom Naudé was Saterdag in die Limpopo Hoërskole Rugbyliga in 'n hewige stryd met die 15-tal van Hoërskool Ellisras gewikkel.

HTS Tom Naudé se eerstespan linkervleuel Kamogelo Matloa ontglip ‘n Ellisras-verdediger vir sy span se eerste drie van die wedstryd. Ellisras wen egter met 28-22.
Hanno Fourie van HTS Tom Naudé se eerstespan druk een van sy span se drieë in Saterdag se kragmeting teen Ellisras. Die besoekers klop Tom Naudé 28-22.
Prince Mulea, regtervleuel van HTS Tom Naudé se eerstespan, ontwyk hier een van Ellisras se spelers oppad doellyn toe. Mulea is kort voor die doellyn by die kantlyn uitgedwing wat hom van ‘n drie weerhou het. Ellisras wen met 28-22.

Uitslae van die dag se ander wedstryde:

• o/14B – Ellisras 12-10 Tom Naudé.

• o/14A – Ellisras 22 – 12 Tom Naudé.

• o/15A – Ellisras 43-0 Tom Naudé.

• o/16A – Tom Naudé 26-0 Ellisras.

• Tweedespan – Tom Naudé 12-9 Ellisras.

• Eerstespan – Ellisras 28-22 Tom Naudé.

roelof@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button