POLOKWANE – Mitchell House het in die opwindende wedstryd koning gekraai.
Volgens Tjoppa de Beer, een van Laerskool Pietersburg se onderwysers, het hierdie tradisie sowat drie jaar terug begin en sedertdien het dit ‘n instelling tussen die skool se leerkragte, hoofde en ouers geword.
De Beer sê beide skole se spanne en mense wat by hierdie dag betrokke is geniet die samesyn en die pret wat daarmee gepaard gaan.
Sien nog foto’s in die gallery van hierdie krieketwedstryd wat Vrydag op Mitchell House se sportterrein beslis is.