Local NewsNews

Kunsmark tref in die kol

Inwoners van Polokwane weet as die winterskoolvakansie aanbreek is die jaarlikse Kunsmark net om die draai

POLOKWANE – Inwoners van Polokwane weet as die winterskoolvakansie aanbreek is die jaarlikse Kunsmark net om die draai. Kort nadat die skole vir die derde kwartaal geopen het, kan inwoners vir ‘n hele week besoek aflê by Pietersburg Laerskool waar ‘n kunsmark gehou word.

Hierdie kunsmark is anders as die gewone vlooimark: nie al die stalletjies word beman nie en besoekers kan rustig deur al die stalletjies stap op soek na kwaliteit items wat hulle nêrens anders kan kry nie.

Items soos groot houthorlosies, handgemaakte sakke, bonkige krale, lekkergoed en sepe is slegs ‘n paar van die produkte wat by die kunsmark beskikbaar was. Daar was ook parfuum, gebottelde produkte, kussings, speelgoed en boeke vir kinders.

Van die uitstallers, soos Klippiesveld Kaas, kom jaar na jaar terug en stel nie teleur nie.

“Ek geniet die Kunsmark elke jaar so baie. Jaar na jaar kom ek terug, en nie net een keer per jaar nie, sommer so vyf keer. Behalwe vir al die mooi goed is die teetuin beslis ‘n wenner,” vertel Rina de Wit, een van die besoekers.

maretha@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button