Local NewsNews

DBV winkel vorder fluks, open einde Julie

Die tweedehandse winkel van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane vorder fluks.

POLOKWANE – Die tweedehandse winkel van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane vorder fluks. Die winkel is op die grondvloer in Savannah Mall langs Mugg&Bean geleë.

Die vloer is ‘n paar dae gelede gelê deur CTM en die DBV wil net graag vir Gert Gerber (eienaar van CTM) en Timené Watt, daarvoor bedank.

Leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat besig is met hul Ubuntu-projek, Celeste Fenner, Lené Viljoen en Zeanell Nortjé, was ook deel van die restourasie van die winkel. Hulle het ‘n kasregister geskenk en bedank Makro, Kreatief.com, Freshwell, Kiepersol Rentals, Classic Furniture en Lurco Konstruksie vir hul donasies.

“Die winkel vorder goed en ons beoog om die einde Julie oop te maak.

Nou dat die vloer en rakke in is, kan ons begin voorraad uitpak,” vertel Tania le Roux, kommittee lid van die DBV.

Miems Cordewener is aangestel as die bestuurder van die winkel.

Die DBV winkel kort nog ‘n hoë-rug stoel, drie vergaderingstoele, ‘n rekenaar en CCTV kameras.

Dan word daar ook donasies van tweedehandse goedere soos boeke, klere en speelgoed gevra.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button