Editor's choiceLocal NewsNews

KLEINSAKE: ‘n pienkvoet wat nooit huil nie

Mariaan Coetzee vertel dat sy een dag 'n pop gesien het wat net soos 'n regte babatjie gelyk het, en net soos baie ander mense, was sy onmiddellik verlief op die pop.

POLOKWANE – Mariaan Coetzee vertel dat sy een dag ‘n pop gesien het wat net soos ‘n regte babatjie gelyk het, en net soos baie ander mense, was sy onmiddellik verlief op die pop.

“Dit was in 2008 en ek het van die poppe in ‘n tydskrif gelees. Dit het dadelik my aandag getrek en ek het begin navorsing doen. Ek het van iemand in die Kaap gehoor en afgevlieg om ‘n kursus te doen om self hierdie poppe te maak,” vertel sy waar sy besig is om ‘n pop se hare in te werk.

“Ek geniet dit meer om die gesiggies te verf as om die hare in te sit. Tussen elke laag wat ek verf, sit ek die deel eers in die oond om droog te word. Die hare insit vat baie lank.”

Sy vertel dat die poppe se bene, arms en koppe van viniel gemaak word en die lyf van materiaal. Die hare is van angora en kan uitval, maar weer vervang word. Die hare kan ook opgeverf word.

“Saam met elke pop gee ek ook ‘n geskenkpak wat bestaan uit ‘n kombersie, doeke, teddie, skoentjies en ‘n fopspeen.”

Mariaan vertel sy verkoop meestal dogtertjie poppe, veral die met oop ogies. Seuntjie poppe en slapende poppe is minder gewild.

“Ek kan ook ‘n pop maak om soos ‘n spesifieke kind te lyk. Ek gebruik die stel wat die meeste soos die kind lyk en verf detail op, soos ‘n aar op ‘n spesifieke plek of ‘n geboortemerk. Ek pas ook die haar- en oogkleur aan om soos die kind te lyk.”

Sy vertel om die poppe te begin maak is duur, want jy kort spesifieke produkte.

As bykomende inkomste, vertel sy, kan dit werk, maar as enigste inkomste is dit nie baie lonend nie. Sy werk net ‘n bietjie op ‘n slag, maar vertel dat die inwerk van die hare ‘n dag vat en die verf nog ‘n dag.

Daar is groot aanvraag vir die poppe, maar ook baie kompetisie.

Haar grootste mark is Gauteng, maar sy wil graag haar mark in Polokwane vergroot. “Ek maak meestal poppe op bestelling en het nog nooit vir myself een gemaak nie,” glimlag sy.

Indien lesers vir Mariaan wil kontak, kan hulle haar Facebookblad Creative Dolls besoek of haar skakel op 084 620 2550.

 

Tye is finansieel swaar deesdae, met talle inwoners wat dit moeilik vind om werk in die formele sektor te kry. Baie maak ‘n plan om ‘n ekstra inkomste te genereer deur ‘n bepaalde diens aan te bied, of produk te lewer, in die informele sektor (sommer van die huis af). Review ondersteun hierdie pogings van mense wat hand in eie boesem steek en ons plaas graag hulle stories gratis. As jy so ‘n entrepreneur is, of van een weet, stuur ‘n e-pos aan hilda@nmgroup.co.za met ‘n kort beskrywing en kontakbesonderhede. Ons hoor graag van jou.

 

SMALL BUSINESS: Mealies- flavour of the week

KLEIN SAKE: Verkoop hout as ekstra inkomste

KLEINSAKE BESIGHEID:Chrissie se lappoppe

Arnold verdien ekstra inkomste met sy heerlike naweekpassie

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button