Bosveld SportLocal sportSport

Spoed, aksie op die baan

BRULLENDE enjins en jaers wat alles agter die stuur moes uithaal om eerste verby die geruite vlag te jaag was als deel van ‘n aksiebelaaide aand op die Ovaalbaan buite die dorp.

MOKOPANE – BRULLENDE enjins en jaers wat alles agter die stuur moes uithaal om eerste verby die geruite vlag te jaag was als deel van ‘n aksiebelaaide aand op die Ovaalbaan buite die dorp.

Trevor Els Raceway se wedrenne het oud en jonk gelok om tot laataand langs die baan saam te kuier en te deel in al die pret.

In die Stockrod-klas was Joseph Bothma weer terug in aksie en het hy die ander manne geen kans gegee om by hom verby te skuif. Hy wen al drie die Stockrodklas-wedrenne. Herman Nel was gemaklik in die tweede plek .Johan Thiart en Louis Ruytenberg (jnr.) het hard baklei vir die 3e plek met Ruytenberg wat net-net gewen het.

In die 1660-klas was daar genoeg aksie met Boela Bekker wat goed begin het, maar die handdoek ingegooi het na ‘n ongeluk. Hy moes die res van die aand tevrede wees om langs die baan te kuier. Die res van die 1660 drywers het hard gewerk vir hulle plekke. Die eerste plek het aan Greg Webb behoort, met Chriso Hermsen van Ruytenberg (jnr.) derde.

Jack Daniel het weer gewys waarom hy die Pinto’s se SA3 titel dra. Hy het skoonskip gemaak in al drie sy wedrenne. Hy is ook dan as wenner gekroon, met Banie Oelofse in die 2e plek. Oelofse het Saterdag bewys as ‘n man in sy motor wil jaag kry niks hom onder nie. Hy moes die eerste wedren uitsit weens werksverpligtinge, maar het teruggekom, sy wedrenpak aangetrek en agter die stuur ingeskuif.

Mariëtte Jordaan het gewys sy staan nie terug vir die manne nie toe sy in die 2.1 liter-klas stof indie oë geskop het van die ander jaers.

Fred en Fredrick Cooper van Cooper Racing Team het die toeskouers kom vermaak met hul ‘drifting’ vernuf. Pa en seun het met brullende motors en skreeuende bande kom wys hulle is katjies van die baan.

Daar was ook ‘n uitdaagren tussen Jack Daniel met sy pinto en Mariette Jordaan in haar 2.1 liter. Daar was 2 wedrenne gery en elkeen het darem ‘n beurt gekry om met die geruite vlag weg te stap.

Die hoogtepunt van die aand is natuurlik vir laaste gelos toe ‘n “butcher’s race” gehou is. Dit is waar die motors van al die klasse saam teen mekaar ry vir die pret. Eerste oor die wenstreep was Daniel met sy Pinto met Ruytenberg (jnr.) met sy 1660 op sy hakke. Die derde plek het gesorg vir ‘ntitaniese stryd tussen Greg Webb in sy 1660 en Mariëtte Jordaan in haar 2.1 liter.

Trevor Els Raceway bedank al die ondersteuners en hoop om almal weer 22 Augustus om 17:00 te sien vir vuurwarm-wedrenne 17:00 begin. Dit is ook dan wanneer die Sprints en Spinners vanaf Brits hul staal gaan kom wys. Verskeie jaers van Polokwane en Mahem het ook reeds aangedui dat hulle teen Potties se manne wil kom jaag. Bring die hele gesin en kom geniet ‘n aksiebelaaide aand.
Vir enige navrae kan kontak Dinette by 072 180 3777.

Kom kyk op Saterdag, 22 Augustus, hoe die jaers in die sprintafdeling mekaar opkeil.
Kom kyk op Saterdag, 22 Augustus, hoe die jaers in die sprintafdeling mekaar opkeil.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button