Bosveld SportSport

Swemmers presteer

DIE vinnige swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het van 7 tot 11 Julie in Durban tydens die KZN Speedo Prestige Gala puik prestasies verwerf en die aflosspanne het medaljes opgeraap.

MOKOPANE – DIE vinnige swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het van 7 tot 11 Julie in Durban tydens die KZN Speedo Prestige Gala puik prestasies verwerf en die aflosspanne het medaljes opgeraap.
Tien swemmers van die swemklub het behoorlik hul slag in die water van die Kings Park swembad teen byna 45 ander swemklubs gewys. Morné van der Bank, Danré Grové, Raymond Kockott, Pietie Vogel, Ruben Glover, Ruard Nel, Xander Glover, Jeska Tiersma, Karla Vogel en Carla Nel het die swemklub trots verteenwoordig.
Morné en Danré het ‘n plek in die finaal losgeswem. Danré behaal ‘n agtste plek in die 200 m borsslag en Morné raap ‘n negende plek op in die 200 m rug- en ‘n vyfde plek in die 200 m borsslag.
Die vurige aflosspan van Pietie, Ruben, Ruard en Xander het ‘n gesogte goue medalje in die 4 x 100 m vryslag verower en ‘n silwer medalje verwerf in die 4 x 50 m individuele wisselslagaflos. Morné, Danré en Raymond, leerlinge van Hoërskool Piet Potgieter, het ‘n bobaas aflosspan gevorm en ‘n silwer medalje in gepalm in die 4 x 100 m vrysslag.
“Die swemmers het goeie tye behaal en ek is trots op hulle almal,” sê hul afrigter, Awie Hattingh.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button