Editor's choiceLocal NewsNews

Brand jou rommel op eie risiko, meen GPF

"Vullisverbranding is onwettig, en oortreders kan vervolg word," sê die sektor 8 gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) bestuur

POLOKWANE – Met die draai van die seisoen en die winderige Augustusmaand op ons drumpel, is daar talle droë bome, blare en plante wat verwyder word uit tuine.

Baie van hierdie tuinvullis word dan aan die brand gesteek in plaas daarvan om weggery te word na die verskeie areas wat deur die munisipaliteit vir hierdie doel beskikbaar gestel is.

Omdat die winter ook die droogste tyd is in die noorde, lei sulke vure dikwels tot veldbrande.

“Vullisverbranding is onwettig ingevolge die wet in Artikel 12.2 van Administrateurs Kennisgewing 1687, gedateer 17 November 1982, en oortreders kan vervolg word,” sê die sektor 8 gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) bestuur wat verantwoordelik is vir kleinhoewes en plase in en om Polokwane.

Oortreders is volgens wet, ook aanspreeklik vir skade wat buurmense mag ly as gevolg van vullisverbranding en die verspeiding van brande van een kleinhoewe of plaas na die ander.

Vullis op plotte en plase word verwyder deur privaatkontrakteurs en die gemeenskap word aangeraai om van hierdie dienste gebruik te maak of self hul tuinvullis weg te ry.

Onder geen omstandighede mag iemand vullis aan die brand steek nie. Enige oortredings moet aangemeld word by polisie radiobeheer op (015) 296 7000 of (015) 290 2403.

“Volgens Artikel 12.2 van Administrateurs Kennisgewing 1687, gedateer 17 November 1982, mag die brandweer oortreders beboet. Boetes beloop tans R1 500 vir ‘n eerste oortreding, R1 500 vir ‘n tweede oortreding en dit kan lei tot ‘n hofsaak vir ‘n derde oortreding. Omdat dit ‘n kriminele oortreding is, kan moontlike tronkstraf opgelê word,” het munisipale woordvoerder, Tidimalo Chuene gesê.

Sy het aangehaal dat dieselfde reël geld vir die brand van koperdrade in die stad.

Vir hulp met brandvoorbereiding en bepalings van die wet, kontak die voorsitter van die brandbeskermingsvereniging (BBV), Coenraad Groenewald by coenraad@riskmanagers.co.za.

Grazing land at Soetdorings destroyed by runaway fire

CPF get hands dirty

Residents panic at sight of large fire

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button