Bosveld NewsNews

Verwoes toe brand woed

'N FAMILIE van ses is haweloos nadat hul tuiste in Zebediela Citrus landgoed buite Mokopane Sondagoggend afgebrand het.

MOKOPANE – ‘N FAMILIE van ses is haweloos nadat hul tuiste in Zebediela Citrus landgoed buite Mokopane Sondagoggend afgebrand het.

Nicolene Benade, haar pa, ma, suster en twee kinders se mat is behoorlik onder hul voete uitgeruk nadat ‘n verwoestende brand hul gestroop het van al hul besittings.

Benade vertel aan Bosveld dat slegs haar ma en pa tuis was toe die brand ontstaan het Sondag in die vroeë oggendure. “My ouers het geslaap toe my pa, Jan du Plessis (Doepie), wakker geword en vlamme in die gang gesien het.”

Doepie is ‘n inspekteur in die vuurwapen-eenheid by die Mokopane polisie.

Sy sê die oorsaak van die brand is steeds onbekend en die ondersoek duur voort.

Die gemeenskap het dadelik ingespring en die gesin voorsien van kos, klere en ‘n paar meubelstukke. Die Mokopane Noodforum vra, indien enige iemand die gesin kan voorsien van nog meubels kan hulle die Noodforum by (015) 491 2506 kontak.

Marcelle Maritz, DA raadslid van wyk 32, vra die gemeenskap om hand by te sit en te help met enige skenkings van kos tot klere – Maritz kan gekontak word by 078 617 8682.

Benade bedank Maritz, die Mokopane Noodforum en almal wat hulle in hierdie tyd ondersteun. Sy bedank ook in besonder vir Pierre Peens, eienaar van Zebediela Bricks, vir sy bystand en hulp. “Hy help ons ongelooflik baie en woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ons is nie.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button