Bosveld NewsNews

Onmoet Bosveld se nuwe gesig verkoopsverteenwoordiger

Bosveld spog met ‘n flink nuwe verkoopsverteenwoordiger, die 26-jarige Mari-Antoinette Williams.

MOKOPANE – Bosveld spog met ‘n flink nuwe verkoopsverteenwoordiger, die 26-jarige Mari-Antoinette Williams.

Mari-Antoinette het gematrikuleer by Hoërskool Erasmus in Bronkhorstspruit waarna sy haar loopbaan as verkoopsverteenwoordiger by ‘n ander gemeenskapskoerant afgeskop het. Sy het vir die laaste paar jaar  as verkoopsverteenwoordiger by die Focuz tydskrif in Polokwane gewerk en is huidiglik besig om haar onderwysgraad te behaal deur UNISA.

“Ek hou daarvan om met mense te werk en is vreeslik opgewonde vir hierdie nuwe avontuur by die Bosveld,” sê sy met ‘n glimlag. Mari-Antoinette vertel wanneer sy ‘n taak aanpak sit sy 200% in tot die taak met sukses voltooi is. “’n Gelukkige kliënt is ‘n lojale een,” sê sy.
Mari-Antoinette sien uit daarna om ‘n digte verhouding met die gemeenskap te bou en indien jy ‘n advertensie in die gemeenskap se gunsteling koerant wil plaas is sy net ‘n oproep ver.

Related Articles

Back to top button