Local NewsNews

PIENKVOETJIES: Wonderlike verrassingsgeskenk

Vir Adele Williams en Morné de Wet was Logan de Wet 'n wonderlike verrassingsgeskenk.

POLOKWANE – Vir Adele Williams en Morné de Wet was Logan de Wet ‘n wonderlike verrassingsgeskenk. Dit is steeds vir Adele ongelooflik dat so ‘n klein mensie binne haar kon groei.

Logan was 52cm met geboorte en het 3,5kg geweeg, hy is Adele en Morné se eersteling. Adele vertel dat sy vermoed het dat sy swanger was en toe ‘n swangerskaptoets gedoen het om dit te bevestig.

“Ek het vir Morné eerste vertel en daarna vir tannie Sylvia by wie ek gebly het. My ma was egter die persoon wat my die meeste gedurende die swangerskap ondersteun het. Die eerste item wat ek gekoop het nadat ek uitgevind het was kousies. Nou pas dit nie eers nie,” sê Adele.

“Logan is al ‘n maand oud en vir ‘n eerste swangerskap was dit maklik,” vertel Adele.

“Ek was nooit siek nie en het glad nie sooibrand gehad nie. Ek het tot die dag voor sy geboorte nog gewerk.”

Adele vertel dat sy glad nie eiers kon verdra gedurende haar swangerskap nie, maar dat sy na suur eetgoed gesmag het.

‘n Mens kon eers op ses maande begin sien dat sy swanger was. Hulle het op 15-weke uitgevind dat hulle ‘n seuntjie verwag. “Ons het gedink dit gaan ‘n dogtertjie wees. My ma het vier dogters en my sussies het ook net dogtertjies, Logan is die eerste seuntjie. Ek was bang ek sal nie ‘n goeie ma wees nie en nie weet wat om te doen nie, maar ek kom reg. Hy is ‘n stroopsoet baba.”

Sy vertel laggend dat Morné van die begin af gesukkel het met die vuil doeke en dat sy dit moet omruil. Sy self hou net nie daarvan om te hoor hoe Logan huil nie.

“Logan was vir ons ‘n aanpassing. ‘n Mens besef skielik dat jou hele lewe nie net om jouself draai nie. Alles draai om hom,” sê sy.

 

PIENKVOETJIES: Jonelke is ‘n welkome toevoeging tot die Burger-gesin

LITTLE PINK FEET: Beautiful girl is the apple of her mother’s eye

PIENKVOETJIES: Keagan, vuur en vlam vir Pa en Ma

PIENKVOETJIES: Charmoné bring vreugde vir die hele Nel-gesin

PIENKVOETJIES: Kleinboet vir Nihan om die prentjie te voltooi

PIENKVOETJIES: Gabriella, krag van God

PIENKVOETJIES: Sussies se geluk dubbeld

PIENKVOETJIES: Eersteling De Wet bring vir hulle geluk, laat familienaam voortleef

PIENKVOETJIES: Tien jaar en toe kom hulle kleinding, Johandré

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button