NewsSchools

Akademie bied lekker vakansiesorg

Laerskool Akademie Reformia bied sorg vir die skool se kinders tydens vakansies gedurende die jaar.

POLOKWANE – Laerskool Akademie Reformia bied sorg vir die skool se kinders tydens vakansies gedurende die jaar. Dit is nie altyd moontlik vir ouers om verseker te wees daarvan dat hul kinders goed versorg word by die huis of om hulle saam te neem werk toe nie, omdat beide ouers dikwels voltyds moet werk in vandag se samelewing. Akademie Reformia bied ‘n oplossing vir hierdie probleem, hulle bied vakansiesorg vir skoolkinders waar hulle onder die wakende oë van onderwysers wat ‘n aksiebelaaide vakansieplan het om hulle besig te hou.

“Dit is vir my ‘n groot plesier om met die kinders te werk en hulle besig te hou. Dit is hulle vakansie, so ons probeer dit baie lekker maak vir hulle sodat hulle d kan geniet,” sê juffrou Carla Fourie, een van die onderwysers betrokke by die vakansiesorg.

Die vakansiesorg is gedurende die week van 06:45 tot 17:20 beskikbaar, so ouers kan met geruste harte gaan werk.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button