BlogsOpinion

VAT VYF: ‘Roof’ kon netsowel ‘Roux’ gewees het

NA die tragiese skietvoorval by 'n swart kerk in Charleston(VSA) bekend geword het, was daar vir 'n oomblik groot verwarring.

NA die tragiese skietvoorval by ‘n swart kerk in Charleston(VSA) bekend geword het, was daar vir ‘n oomblik groot verwarring. Die twee pro-apartheidsvlae op Dylann Roof (21) se baadjie (wat later bewys is as ‘n nabootsing) het nog meer koppe laat krap.

Iemand het ingeskakel op die program ‘Monitor’ van RSG en gesê “….as sy van ‘Roux’ is dan moet hy mos ‘n Suid-Afrikaner wees? (Hy het ‘Roof’ verkeerdelik gehoor as ‘Roux’)

Onwetend het hierdie luisteraar ‘n groot waarheid kwytgeraak. Dylann Roof kon netsowel ‘Danie Roux’ of ‘Piet de Beer’ of ‘Koos van der Merwe’ of enige ander ontwrigte jongman in Suid-Afrika gewees het.

Een aspek wat ‘n mens opval van Roof se gesig is sy oë… hulle weerspieël ‘n eksistensiele treurigheid. Daardie oë sê vir ‘n mens; “… Die lewe maak nie vir my sin nie en ek voel om op my eie manier daaraan sin te gee.” In sy jeugdige kortsigtigheid het hy gedink hy is bestem om ‘n ‘rasse oorlog’ in Amerika te ontketen.

“We have no skinheads, no KKK, no one doing anything but talking on the internet. Well someone has to have the bravery to take it to the real world, and I guess that has to be me.”

Hy het die droom gehad om man alleen die wêreld te verander. Hierdie strewe opsigself is bewonderenswaardig in enige mens se lewe mits dit in die regte rigting gekanaliseer word.

Dit is net so jammer dat hy nie voor die tragedie kon gehoor het van Jesus se liefde nie. Dit kan baie meer doen om die wêreld te verander as al die wapens tot ons beskikking, sonder dat dit ‘n spoor van verwoesting agterlaat!

Dit is so kragtig want dit kan mense van binne af verander. Dit gee vir jou liefde vir en verdraagsaamheid teenoor alle mense, ongeag van watter ras of oortuiging hulle is.

Twee mooi gevolge het voortgespruit uit die tragiese voorval in Charleston.Eerstens was die wit/swart gemeenskap na die insident meer verenig as ooit tevore. En tweedens was daar uit verskeie oorde van die slagoffers se vriende en familie blyke van vergifnis teenoor Dylann. Haat uitsprake was merkbaar afwesig.

Die Christene se houding in die kerk teenoor hom het Roof ook baie beïndruk: “Roof reportedly told investigators he almost did not go through with his mission because members of the church study group had been so nice to him.”

As Roof voor die tragedie net meer blootstelling gehad het aan ware ‘Jesus liefde’ dan sou die nege slagoffers dalk vandag nog geleef het.

En sou die seun met die treurige oë dalk nie in die tronk gewees het nie en werklik besig gewees het om die wêreld te verander ten goede.

Wie is daar in jou lewe aan wie jy meer Jesus liefde kan betoon? Dit kan dalk ‘n tragedie verhoed. (www.dsgielie.net)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button