Local NewsNews

So, hoe voel dit in die skoene van ‘n ‘gevangene’?

Op Vrydag, 26 Junie was die jaarlikse Kansa Jail and Bail gehou. Review het met die 'gevangenes' gepraat om by hul te hoor hoe hul voel oor die projek en hoe dit voel om 'n 'gevangene' te wees.

POLOKWANE – Op Vrydag, 26 Junie was die jaarlikse Kansa Jail and Bail gehou waar tydens verskeie mense ‘gearresteer’ en in ‘n ‘tronk’ gesit is waar hulle dan vir ‘borg’ moet aansoek doen. Dit is ‘n baie prettige fondsinsamelingsidee.

Review het met die ‘gevangenes’ gepraat om by hul te hoor hoe hul voel oor die projek en hoe dit voel om ‘n ‘gevangene’ te wees.

Hendrik Venter.
Hendrik Venter.

Hendrik Venter sê dat hy baie senuweeagtig was omdat daar regte polisiemanne opgedaag het om hom te kom haal.

“Hulle het nogals baie moeite gedoen en dit was baie realisties,” sê hy.

Jaco Johnstone.
Jaco Johnstone.

Jaco Johnstone sê dat dit baie stresvol was en dat hy eers groot geskrik het. “Ek het gedog ek was geteiken of iets, maar nou sien ek alles is vir ‘n goeie doel en ek ondersteun dit graag,” sê hy.

Johan Maritz en Johan Smit.
Johan Maritz en Johan Smit.

Johan Maritz sê dat dit vir hom baie lekker is omdat hy in ‘n luukse motor na die ‘tronk’ geneem is. “Ek gaan definitief nie kla nie, ek weet dit is vir ‘n baie goeie doel en ek hou baie daarvan,” sê hy.

Johan Smit sê dit voel vir hom eintlik baie ‘cool’ omdat hy soos ‘n ‘VIP’ behandel word en hy sê ook dat hy dit baie geniet.

Karabo Maputla.
Karabo Maputla.

Karabo Maputla sê dit voel nogals lekker omdat sy van die klere hou wat hulle moet dra en omdat die mense mooi na hul kyk terwyl hul ‘toegesluit’ is.

Winnie Seabela.
Winnie Seabela.

Winnie Seabela sê dat sy haarself baie geniet en dit is vir haar lekker om geld in te samel op ‘n speelse manier.

Willem Burger.
Willem Burger.

Willem Burger sê hy dink dit is vir ‘n baie goeie doel en hy dink dit is ‘n goeie idee en lekker projek waaraan Kansa gedink het.

Hul is tjoekie toe vir KANSA

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button