Editor's noteLocal NewsNews

Jong man (18) sterf ses weke na gru-ongeluk

Die lewens van die De Beer gesin het 'n geweldige verandering ondergaan op 13 Mei toe Danine en Neville se seun, Neville jnr., in 'n ernstige motorongeluk was.

POLOKWANE – Die lewens van die De Beer gesin het ‘n geweldige verandering ondergaan op 13 Mei toe Danine en Neville se seun, Neville jnr., in ‘n ernstige motorongeluk was.

Tydens die ongeluk waar die motor gerol het en afgeskryf is, het Neville jnr. ernstige hoofbeserings opgedoen.

Hy het ook verskeie beenbreke gehad en was in ‘n koma.

Teen einde Mei het sy koors skielik gestyg. Hy was steeds in ‘n koma.

Op Vrydag, 26 Junie het dokters vir Danine en Neville gesĂȘ dat Neville jnr. op sy einde is. Sy ventilator was op 100% gestel.

Laat Saterdagaand, 27 Junie, het Neville jnr. die stryd verloor en is hy oorlede.

Sy Facebookbladsy, asook die van sy ouers word steeds oorvloei met boodskappe van bemoediging en simpatie.

Danine het Sondag die volgende geskryf: “Nev. My enigste kind. Mams se hart is bitter bitter bitter seer. Seerder as d seerste seer. Mams is en was nog altyd so trots op jou. Jyt my ni n dag se probleme gegee. Eks so lief vir jou. Jy gaan mams se pa ontmoet. Engel uit die hemel. Gee hom ‘n groooottt drukkie van mams af.

Jy is seker al besig om jou band bymekaar te kry daar in die hemel. Geniet dit. Musiek is en was nog altyd jou lewe. Jy gaan so lekker kitaar en dromme speel. Lief vir jou oneindig.

Daar waar jy nou by ons Vader is, het jy niks meer pyn. Dankie Here. Gaan jou mis, elke liewe dag. Dan” (sic).

Ryno Cilliers, een van Neville se vriende skryf: “Nevile man. Dis al ‘n hele dag en ek lĂȘ nog steeds hier van kant gevang en gedagteloosheid. Nog ‘n awesome Musician, en meer, my buddy, wat seker ma begin bored raak het met die wĂȘreld met ‘n begeerte van ‘n wete dat daar ‘n plek 100 000 000 000 000 000 000 000 keer beter is as hier toe het jy ma gegaan. Kan jou seker nie blameer nie. Haha. Ai man. Ek sal altyd ‘n Guitar sien. En dan jou met dit in my kop. Maak somer in ‘n band van jou eie waar jy nou is sodat wanneer ek kom sal ek ‘n Guitar solo uit die hemel hoor. Goodbye man. Till I see you again” (sic).

Roelf Venter skryf: “Hierdie is vir my ‘n baie sad dag…So paar maande terug het ek ‘n facebook friend request gekry van ‘n jong seun, Neville Jnr de Beer en ek het hom nie geken nie..maar ek het opgemerk dat hy in die musiek/bands betrokke was en dit het baie cool gelyk!….Ek was toe onmiddellik ook direk na die request uitgenooi vir ‘n jamming session of privaat partytjie verwysend sekerlik naEtcetera Band….Wel dis toe omtrent dieselfde tyd wat ek toe agterkom dat hy in ‘n ernstig motorongeluk was wat hom in ICU laat beland het…ek het toe vir baie weke gevolg hoe daar boodskappe deurgekom het van verbetering en verswakking, op en af…. en selfs gebid dat hy sou regkom want dit was duidelik Neville was ‘n fighter om aan die lewe te bly…sy familie en Ma het kort-kort op facebook opgedateer oor sy toestand.. Dis vandag met groot hartseer dat ek toe moes verneem dat hy oorlede is na soveel weke se veg……Etcetera Band sal met ‘n volgende gig ‘n liedjie aan hom opdra ter nagedagtenis….Rus in Vrede vriend!” (sic)

LeezandrĂ© Duvenhage skryf: “Onthou di naweek toe ons rugby gan kyk het en jyt so uitgesien na jou party …jyt sulke lekker grappies gemaak en ons ht gelag daardie selfde daggie het ons oor n ander goeie vriend gechat wat ook in n ongeluk was jy was so sad …ek kani glo dis waar nie maar my liefste mrQii vandag sit jy by hom… jy ontmoet hom weer nou kan julle kuier soos wat jy wou voor sy ongeluk my hart is so seer om daaran te dink dat jy ook nou weg is maar my liefste jy is op n beter plekkie gan jou mal baie mis ekke is jammer ekke het nie vir jou kom kuier nie maar ekke wou jou nie so gesien het nie …. ekke gan jou viraltyd onthou as hierdie oulike gelukkige seun al het jy my soms kwaad gemaak het jy ook altyd by my gestaan en jyt my altyd laat glimlag wanneer ek biekie af was en jy sal veraltyd in my harQii bly onthou as ons weer ontmoet beter jy n groot kas he laat al my klere daarin pas. gan jou baie mis mrQii maar ek weet jy is gelukig daar bo en jy kyk vir ons almal ….liefies vijo liefde LizzyQii xXx” (sic)

Die begrafnis vind plaas op Vrydag, 3 Julie om 11:00 vanuit die Goeie Nuus Aanbiddingsentrum op die Louis Trichardt pad, 1 km na die Sasol-vulstasie.

Die ingang is aan die linkerkant. Daar sal pers strikke wees wat die pad aandui.

Almal wat die diens bywoon is welkom om briefies te bring wat in sy graf op sy kis geplaas sal word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button