Local sportSport

Hy vlieg soos ‘n arend

Modelvliegtuig vlieg is 'n duur sport en stokperdjie wat baie toewyding en tyd verg, maar Emile beskou dit as 'n belegging in sy toekoms.

POLOKWANE – Modelvliegtuig vlieg is ‘n duur sport en stokperdjie wat baie toewyding en tyd verg, maar Emile beskou dit as ‘n belegging in sy toekoms. Op hierdie stadium vlieg hy wel nog net modelvliegtuie, maar hy wil graag ‘n professionele vlieënier word en moontlik eendag vir die weermag vlieg.

Emile Hiestermann (16), ‘n leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) vertel dat hy van vyfjarige ouderdom al op ‘n vliegnabootsprogram op sy rekenaar begin oefen het. Hy het sy eerste modelvliegtuig vir sy sesde verjaarsdag gekry en nie op hom laat wag om die nuwe model by die vliegveld te gaan toets nie. “Mens kan seker maar sê ek was nog in my doeke toe ek al begin modelvliegtuie vlieg het,” sê Emile.

Hy het op sewejarige ouderdom begin om die leer te klim in die modelvliegtuig-wêreld deur sy solo-lisensie te slaag. Daar is vyf verskillende lisensies wat ‘n mens kan kry met modelvliegtuie, die solo-lisensie, brons-lisensie, silwer-lisensie, goue-lisensie en instrukteurslisensie. Hy het sy goue-lisensie verwerf toe hy 12 was en het laasjaar sy instrukteurslisensie verwerf. Emile vertel dat sy pa, Ingo die gootste invloed op sy dryfkrag is, sy motivering en ondersteuning het Emile aangespoor om sulke indrukwekkende prestasies te bereik.

“My pa ondersteun my nog altyd, hy bou ook al my modelvliegtuie, ek probeer sy voorbeeld volg en ek sal graag eendag soos hy wil wees, hy plaas my altyd eerste,” vertel Emile.

Emile sê hy oefen tans twee keer ‘n week vir 3 tot 4 ure ‘n dag onder sy pa se afrigting, hy wil graag volgende jaar ernstig aan die sport begin deelneem. “Ek oefen nou al vir 11 jaar en ek wil graag aan die Modelvliegtuig Kampioenskappe deelneem volgende jaar,” sê hy.

“Die gevoel om aan iemand jou vaardighede oor te gee is onbeskryflik, daar is geen beter gevoel as wanneer jy iemand kan leer nie,” sê Emile.

“Dit is ‘n heerlike gevoel om in ‘n oop veld te staan en net rustig te kan vlieg en weg te kom van die besige lewe af,” sê Emile.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button