Bosveld SportSport

Hansies trots op hul rugby

DIE kranige rugbyspelers van Hoërskool Hans Strijdom het weereens gedurende die rugbyliga gewys waarom die skool bekend is as een van die top rugbyskole in Limpopo.

MOKOPANE – DIE kranige rugbyspelers van Hoërskool Hans Strijdom het weereens gedurende die rugbyliga gewys waarom die skool bekend is as een van die top rugbyskole in Limpopo.

Die eerstespan spog met vier oorwinnings uit ‘n tawwe sewe wedstryde en hulle gaan op 20 Junie hul harte uitspeel op die velde van Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal vir ‘n gesogte plek in die top drie.

Die tweedespan kraai koning op die rugbyveld met ‘n onoorwonne titel in al sewe wedstryde. Hulle gaan kragte meet teen Louis Trichardt gedurende die finaal in die Beeld trofee. Die o/16-rugbyspan pluk die vrugte van hul harde werk en wen al sewe hul wedstryde wat vir hul ‘n plek in die finaal van die Beeld trofee verseker. Die o/15-rugbyspan raap ‘n derde plek op in die streek en gaan op 20 Junie in die semi-finaal teen Hoërskool Piet Potgieter kragte meet. Die groentjies van die skool, die o/14’s het hul harte uitgespeel, maar ongelukkig kon hulle nie deurdring na die semi-finaal nie.

Die spelers het behoorlik rede gehad om trots te wees op hul prestasies.

“Hoërskool Hans Strijdom is trots op sy rugby en ons glo daarin dat ons enige speler wat ‘n passie het vir die spel kan help ontwikkel tot sy volle potensiaal,” sê George Klopper, skoolhoof.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button