Bosveld NewsNews

Baljaar saam in die see

DIE lede van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se leuse is nie verniet oefening, baie lag en spangees om jonk te bly.

MOKOPANE – DIE lede van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se leuse is nie verniet oefening, baie lag en spangees om jonk te bly.

‘n Groep opgewonde lede het onlangs na Kwazulu Natal getoer waar daar heerlik in die see by TO Strand aan die suidkus baljaar is, verskeie besienswaardighede is ook besoek.

Estelle Hartzenberg, bestuurder van die Dienssentrum, vertel die oues van dae het elke oomblik aangegryp en die golwe trotseer.

Die Dienssentrum bied aan alle bejaardes van die dorp geleentheid om hul status as afgetredenes te geniet. “Die kegelbal-gogga het gebyt en vanaf Februarie speel die lede een keer ‘n maand die spel in Polokwane. Die jongste lid is net oor 60 en die oudste is 82. Stywe bene en moeisame bewegings keer hulle nie, want hulle sê dat hulle dit geniet en sommer gesond voel na die lekker speel en lag,” sê Hartzenberg.

“Hierdie is maar een van die vele fassette van die Dienssentrum. Ons wil graag ‘n bewustheid skep by die publiek oor die Dienssentrum en wat die organisasie vir die bejaardes van Potties beteken.”

Van die doelstellings soos vervat in die sentrum se grondwet sluit in om met staatsdepartemente, die provinsiale administrasie, plaaslike owerhede en enige welsyns- of ander organisasie wat by die Welsyn van Bejaardes betrokke mag wees, saam te werk. Die sentrum organiseer ook vakansieskemas en uitstappies en bevorder enige dienste ten bate van bejaarde persone wat op hul eie woon. Die sentrum help ook met gesondheidsdienste.

Om lid te word van die oulike sentrum kan Hartzenberg by 015 437 3129 gekontak word.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button