School sportSport

Akademie Reformia staan sterk tydens ligawedstryde

Vier skole neem aan die Klein Skole Liga deel: Akademie Reformia, Laerskool Waterberg, Laerskool Bysonderheid en Laerskool Euphorbia.

POLOKWANE – Vier skole neem aan die Klein Skole Liga deel: Akademie Reformia, Laerskool Waterberg, Laerskool Bysonderheid en Laerskool Euphorbia. Elkeen van die deelnemende skole kry kans om gasheer te speel vir die ligawedstryde en Dinsdag, 26 Mei was dit Akademie Reformia se beurt.

Die Klein Skole liga bestaan uit die sewesrugby formaat en Akademie Reformia se rugbyspanne het gewys waartoe hulle instaat is deur vier van die vyf wedstryde te wen. Akademie Reformia se o/13-span het Laerskool Euphorbia 42-7 geklop en daarna met nog ‘n oorwinning van 40-38 teen Laerskool Waterberg weggestap. Akademie Reformia se o/11-span het ook die skool se naam hoog gehou deur twee van hul drie wedstryde te wen. Akademie Reformia klop LaerskoolBysonderheid met ‘n eindtelling van 35-0 asook Laerskool Waterberg met ‘n telling van 43-33 in Akademie Reformia se guns.

Laerskool Euphorbia se o/11-span het Akademie Reformia se span met ‘n telling van 14-28 geklop.

Op die netbalbaan het Akademie Reformia se spanne net so goed gevaar. Akademie Reformia se o/9-netbalspan wen 5-0 teen Laerskool Waterberg en 6-3 teen Laerskool Europhorbia, maar verloor 0-2 teen Laerskool Bysonderheid in ‘n taai wedstryd .

Die o/11- en o/13-netbalspanne het nie op hulle laat wag nie. Die o/11-span wen 8-6 teen Laerskool Eurphorbia en 4-3 teen Laerskool Bysonderheid, die o/13-span wen 12-3 teen Laerskool Eurphorbia en 21-9 teen Laerskool Bysonderheid .

Akademie Reformia se o/13- en o/11-netbalspan sowel as hul o/11-rugbyspan eindig die dag as die ligawenners.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button