Editor's noteLocal NewsNews

KLEIN SAKE: Stokperdjie word inkomste maar blyterapie

Jeanette Eybers het agt jaar gelede by haar sussie in Welkom gekuier toe dié 'n paar items voor Jeanette neersit en haar wys hoe om tokreenwerk te doen.

POLOKWANE – Jeanette Eybers het agt jaar gelede by haar sussie in Welkom gekuier toe dié ‘n paar items voor Jeanette neersit en haar wys hoe om tokreenwerk te doen.

“Die man wat dit ontwikkel het, se naam is Tok en sy vrou se naam is Claureen.

“Dit is ‘n produk soos verf, net dikker, wat jy aan enige natuurlike produk smeer om dit hard te maak,” vertel Jeanette.

“Ons begin gewoonlik met ‘n projek so 09:00 se kant en dan is hy teen 14:00 klaar, die weer speel wel ‘n groot rol in die droogword periode.”

Sy is lief daarvoor om skottels in fotorame te omskep, haar kleinkinders se broeke is in staande vorm tokreen wat tans as versierings gebruik word.

Daar is twee tipes tokreen, kleurloos en ‘n swart reënbestande tipe.

“Dit het eers net begin as ‘n stokperdjie en later het ek begin uitstal en selfs klasse gee. Ek stal tans elke tweede Saterdag by Florapark Spar uit en dan gaan ek by die Kansa basaar ook uitstal.

“Dit is nie ‘n duur stokperdjie nie, ek vind dit baie terapeuties en as jy die produkte verkoop maak jy vinnig die geld terug.”

Vir enige navrae oor tokreen-produkte, kontak Jeanette by 079 526 9004.

 

Tye is finansieel swaar deesdae, met talle inwoners wat dit moeilik vind om werk in die formele sektor te kry. Baie maak ‘n plan om ‘n ekstra inkomste te genereer deur ‘n bepaalde diens aan te bied, of produk te lewer, in die informele sektor (sommer van die huis af). Review ondersteun hierdie pogings van mense wat hand in eie boesem steek en ons plaas graag hulle stories gratis. As jy so ‘n entrepreneur is, of van een weet, stuur ‘n e-pos aan hilda@nmgroup.co.za met ‘n kort beskrywing en kontakbesonderhede. Ons hoor graag van jou.

 

KLEIN SAKE: Verkoop hout as ekstra inkomste

KLEINSAKE BESIGHEID:Chrissie se lappoppe

Arnold verdien ekstra inkomste met sy heerlike naweekpassie

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button