EntertainmentLifestyle

Karen Zoid deel haar groot passie vir musiek en laat Polokwane sing

Karen Zoid het op Saterdag, 30 Mei die gehoor in vervoering gehad met haar vertoning by hierdie jaar se Polokwane Skou.

POLOKWANE – Karen Zoid het op Saterdag, 30 Mei die gehoor in vervoering gehad met haar vertoning by hierdie jaar se Polokwane Skou. Gedurende die onderhoud met Review het sy vertel dat hiérdie stad ‘n baie sagte plek in haar hart het.

“Die mense hier het soveel gees en hulle het ‘n liefde en passie vir musiek wat min mense op ander plekke het,” het Karen vertel. “Dit is weer tyd om ‘n Engelse album te maak, ek het die afgelope tyd aan baie Afrikaanse projekte gewerk, en ek voel dis tyd om weer ‘n album vir my Engelse aanhangers uit te bring,” verduidelik sy.

Sing is vir haar ‘n metode om uiting te gee, dit gee mense ‘n kans om hul diepste en mees persoonlike probleme bloot te lê. “Mense gaan almal deur moeilike tye, maak nie saak wie jy is nie, en as daar ‘n liedjie is waarna jy kan luister, voel jy nie so alleen nie omdat iemand iewers jou situasie verstaan,” vertel sy. Vir haar is sing die mooiste ding in die hele skepping, dis vir haar ‘n voorreg om dit met mense te deel.

Haar seun en haar televisieprogram Republiek van Zoid Afrika is ‘n paar van haar passies, maar haar grootste passie bly steeds haar sangloopbaan. Sy vertel dat sy haarself nie in ‘n ander loopbaan kan indink nie, sy geniet sing te veel. Verder kan sy nie maklik die kans op ‘n nuwe kitaar laat verbygaan nie, maar soos ander mense gek na skoene is.

“In teorie kan jy net een kitaar op ‘n slag speel, maar vir my is ‘n nuwe kitaar ‘n bederf soos min. Dit help my beter liedjies skryf, want die verskillende klanke inspireer my,” vertel sy met ‘n glimlag.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button