EntertainmentLifestyle

Piet Pompies vermaak Polokwane

Min mense het al van Pieter Rischmuller gehoor, maar liefhebbers van Afrikaanse musiek is bekend met die naam Piet Pompies.

POLOKWANE – Min mense het al van Pieter Rischmuller gehoor, maar liefhebbers van Afrikaanse musiek is bekend met die naam Piet Pompies. Pieter en Piet is een en dieselfde mens en vreeslik gewild op die verhoog.

Piet was eers deel van die groep DJ Ossewa, maar het onlangs besluit om ‘n loopbaan as solosanger aan te durf. “Ek mis die gevoel van die groep en die ander instrumente op die verhoog, maar dit is vir my baie lekker alleen. Ek doen al my besprekings en bemarking self en het nie ‘n agent nie,” vertel hy waar ons, kort voor sy optrede by die Polokwane Skou, agter in die tent sit en kuier.

Piet is nie net ‘n sanger nie, maar speel graag gholf en hou homself ook seremoniemeester. Hy is ‘n sportkommentator en by Radio Pretoria betrokke as omroeper.

“Ek het nog nooit regtig in ‘n televisie reeks of rolprent verskyn nie, dalk hier en daar in ‘n advertensie. Ek het op ‘n vroëe ouderdom reeds begin sing, maar het eers ernstig begin sing na ek getroud is alhoewel ek klankingenieurswese studeer het,” vertel Piet.

Sy eerste optrede as solosanger was by Grizzlies in Pretoria Tuine en hy sal graag ‘n voorskou wil doen vir AC/DC of Bruno Mars. Hy vertel dat hy gewoonlik vir elke optrede dieselfde lyk en dat dit deel vorm van sy kenmerkende eienskappe.

“Ek luister na enige musiek, maar is nie lief vir opera nie, ook nie juis Jurie Els of Justin Bieber se musiek nie,” vertel hy laggend.

Piet vertel ook graag van sy vele tydverdrywe. “Ek is lief daarvoor om kos te maak as ek iemand het vir wie ek kan kos maak. Ook is ek ‘n hengelaar en het provinsiale kleure met visvang behaal. Sagtebal en rugby speel is nog twee van my vele tydverdrywe.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button