Bosveld NewsNews

Piet Potgieter se eerstes buig die knie 36-29

NA 'n paar goeie oorwinnings het Piet Pot se eerste rugbyspan verlede Saterdag op hul tuisveld pakgekry.

MOKOPANE – NA ‘n paar goeie oorwinnings het Piet Pot se eerste rugbyspan verlede Saterdag op hul tuisveld pakgekry.

In ‘n harde wedstryd het Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal koning gekraai met 36-29.

Piet Pot se o/14-, o/15- en tweedespan het egter hul wedstryde gewen. Die o/16’s wat vanjaar sukkel om op dreef te kom, het behoorlik pakslae gekry met 34-0.

Die hokkiespanne het gemengde welslae: die eerstespan speel gelykop met een doel elk, die tweedespan het 2-1 gewen en die o/16’s het 4-0 verloor.

Die o/15- span het ook verloor met 6-0 met die o/14’s wat met 2-0 geseëvier het. Biathle sportsterre

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button