Local NewsNews

‘n Middag in ‘n lushof vol Proteas

Die maandelikse Pietersburg Tuinbouklub vergadering het hierdie maand in die spogtuin van Lizelle de Bruin plaasgevind waar sy gaste meer vertel het oor die Protea

POLOKWANE – Op Dinsdag, 19 Mei was dit weer geleentheid vir die maandelikse Pietersburg Tuinbouklub vergadering, die palnt van die maand, die Euphorbia tirucalli ook bekend as die woestynvaring of ‘Fire sticks’ was aan die gaste voorgestel deur Adrienne de Wit.

Die vergadering het hierdie maand in die spogtuin van Lizelle de Bruin plaasgevind waar sy gaste meer vertel het oor die Protea, nie net haar gunsteling blom nie, maar ook die Nasionale blom van Suid-Afrika.

“Ek het vier jaar gelede Proteas begin plant,” vertel Lizelle toe sy aan die beurt kom.

“Ek het aanvanklik een boompie geplant, maar toe ek sien hoe goed dié Protea hier aard het ek sommer 200 boompies bestel.” Terugskouend was dit ‘n fout om net ‘n klomp verskillende plante aan te koop en te plant.

“Sodra hulle geblom het, het hulle gevrek. Só moes ek leer dat nie alle Proteas in Polokwane sou aard nie.”

Sy het later van tyd wel uitgevind watter Proteas goed in Polokwane aard, hulle is ‘Sugar Daddies’, ‘King Protea’, ‘Pink Ice’ en ‘Tango’.

Sy vertel dat Proteas bietjie meer sensitief is aan buitefaktore wanneer hulle geplant word.

“Grawe ‘n baie diep gat en moet glad nie aan die wortels van die plant raak nie. Hulle hou nie daarvan nie. Die grond moet goed kan dreineer en moet met suur kompos gemeng word. Aan die begin, vir ‘n klein plantjie, gooi jy hom twee keer ‘n week nat, daarna is een keer ‘n week genoeg.

Sodra die plant begin blom sny jy die blomme af om groeikrag in die wortels te sit, hulle blom gereeld en dus is dit ideaal indien mens van ruikers in jou huis hou. Na die winter word die plant gesnoei soos jy ‘n roosboom sou snoei.

“Aangesien die plant van die Kaapse vlaktes afkom, gee hy nie

vreeslik om vir wind nie maar hy moet egter in volson geplant word.” verduidelik sy.

Na afloop van die praatjie het klublede deur Lizelle se Protea-tuin gestap en hul verlustig in die wye verskeidenheid Proteas wat daar floreer.

For more breaking news visit our websites www.capricornreview.co.za or www.reviewonline.co.za

Follow us on twitter or Facebook

Related Articles

Back to top button