NewsSchools

Suikerbekkies leer van brande

Die leerders van Suikerbekkie Kleuterskool het op Donderdag, 14 Mei 'n baie opwindende kuiergas gehad.

POLOKWANE – Die leerders van Suikerbekkie Kleuterskool het op Donderdag, 14 Mei ‘n baie opwindende kuiergas gehad.

Rouan Snyman van die Fireman Group het die leerders van Suikerbekkie Kleuterskool behoorlik na hul asems laat snak toe hy daar opdaag; dis dan enige kleuter se droom om ‘n brandweerman in lewende lywe te sien!

Rouan het op ‘n baie veilige, maar tog opwindende manier die kleuters geleer hoe belangrik brandveiligheid is en wat om te doen indien daar ooit ‘n brand ontstaan.

Die kleuters het behoorlik aan elke woord gehang terwyl hy hulle al die klere en veiligheidstoerusting gewys het wat ‘n brandweerman nodig het om homself te beskerm teen gevaarlike vlamme. “Rouan het ‘n wonderlike gawe om met kinders te werk, ons sal hom regtig aanbeveel vir enige skool,” het Elbé Maritz, die sekretaresse by Suikerbekkie kleuterskool, gesê.

Related Articles

Back to top button