Editor's choiceNewsSchools

Spog-spog reg vir matriekafskeid

Review het met gr.12-leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gaan gesels oor hulle rokke, pakke, skoene en dasse.

POLOKWANE – Teen middel Mei, as die winterluggie vroegoggend begin hoendervleis gee, begin talle gr. 12’s besef dit is nie net tyd vir ‘n eksamen wat op hande is nie, maar ook dat ‘n matriekafskeid lê en loer.

Beplanning van rokke, kleurskemas en skoene word vroeg, soms ‘n paar jaar vroëer, alreeds gemaak en teen Junie is die rokke gereed.

Review het met gr.12-leerders van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gaan gesels oor hulle rokke, pakke, skoene en dasse.

Leandri Maritz.
Leandri Maritz.

Leandri Maritz het haar rok, waarvan die kleur vlootblou is, in Pretoria.

“Ek was eintlik op soek na ‘n rok in ‘mint’-groen, maar toe ek die vlootblou rok sien, toe weet ek net ek moet die rok hê. My skoene gaan silwer wees.”

Haar metgesel se klere is bypassend tot haar rok.

Johan Koekemoer.
Johan Koekemoer.

Johan Koekemoer vertel, ook hulle is gereed. “Ek gaan khaki-kleurige klere aantrek, terwyl my metgesel ‘n perskekleurige-rok gaan dra. Ek het my klere by DHGate.com gekoop. Ek is nog nie regtig seker oor my skoene nie, maar ek dink ek gaan sommer vellies aantrek. Ek is maar ‘n bosman in murg en been.”

Sunet Weidemann.
Sunet Weidemann.

Sunet Weidemann beplan om ‘n swart rok aan te trek aangesien die kleur vir haar baie elegant is. Haar skoene is swart. “Ek het my rok van oorsee bestel,” vertel Sané Albertse.

Sané Albertse.
Sané Albertse.

“Ek wou nog altyd ‘n oranje rok gehad het, nou gaan ek een hê. Ek sou hom eers laat maak het, maar toe sien ek die perfekte rok op die internet en bestel hom. Ons sal die nodige verstellings maak as dit nodig is.” Haar skoene is silwer.

 

Johnny Walgenbach gaan ‘n wit pak dra met wit skoene. Sy hemp en das gaan dieselfde kleur wees sy meisie se rok – turkoois.

“Ek het my klere van Amerika af laat kom aangesien dit goedkoper is as om dit te laat maak. Ek beplan ook om weer die klere aan te trek.”

Johnny Walgenbach.
Johnny Walgenbach.

Related Articles

Back to top button