Local NewsNews

Moedersdag: Kans vir haar om haar gesin te bederf

Review het met plaaslike inwoner Kotie Venter gaan gesels oor Moedersdag.

POLOKWANE – Sondag is Moedersdag en mans en kinders skarrel gewoonlik voor die tyd om inkopies te gaan doen om die vrou en ma in hulle lewe te bederf. Review het met plaaslike inwoner Kotie Venter gaan gesels oor Moedersdag.

“Ek het natuurlik die wonderlikste Ma gehad, Tilly Nel, wat my mentor was. As ek haar gebel het, het ek haar altyd Tante Liefde genoem. Sy is die aansporing vir die moeder, eggenoot wat ek vandag is,” vertel Kotie.

Alhoewel sy die idee van Moedersdag hoog ag, verdraai sy effens die konsep van Moedersdag ietwat sodat haar gesin ook baat by hierdie geleentheid kan vind.

Sy verduidelik: “Sien, my verjaarsdag val op die naweek voor Moedersdag, so my man, Koos, en kinders bederf my dan gewoonlik. Eintlik bederf manlief, my stille krag in my lewe vir 31 wonderlike jare, my altyd met veral blomme. Dus op Moedersdag bederf ek gewoonlik my gesin, want dis my geleentheid om vir my gesin iets wonderlik te doen.”

“My ideaal as ‘n moeder vir my gesin is dat hulle altyd hulle geloof in die Here ten volle sal uitleef. Hierdie jaar vir Moedersdag gaan ons elkeen sy eie roombiltongpot maak wat ek dink baie gesellig gaan wees,” vertel sy.

Raad wat Kotie deel, wat sy by haar ma Tgekry het, is dat sy altyd daar moet wees vir haar kinders, al is hulle nie meer in die huis nie.

“Dit het begin met kosblikpak vir my seuns vir skool. My ma het altyd gesê ‘n kosblik is die enigste kontak wat jou kinders deur die dag met jou het as jy nie daar is nie, so maak dit die moeite werd. En my seuns en sellfs hul maats kan getuig van die lekkernye wat ek in my seuns, JD en Luan, se kosblikke gepak het,” vertel Kotie.

As haar kinders ver woon, mis sy hulle ongelooflik.

“‘n Ma mis haar kinders, maar gelukkig het ek manlief Koos as ‘n vertroosting. Weens my werksverpligtinge werk ek somtyds tot 19:00 in die aande en kom dus laat tuis. Koos is ook natuurlik baie behendig in die kombuis en staan nie terug om kos te maak nie. As ek moeg by die huis aanland wag ‘n heerlike bord kos vir my, so ek is baie dankbaar daarvoor,” vertel Kotie.

Haar gunsteling kleur is wit en haar gunsteling nuwe motor is, soos mens kan aflei van ‘n Mercurius Motors-werknemer, ‘n Mercedes-Benz ML 63 AMG, in wit . Haar gunsteling blomme is rose.

Sy is oor mal oor musiek, oorwegend Christelik en doen graag naaldwerk. Sy het ‘n paar maande gelede fotografie opgeneem en spog reeds met ‘n fotografiekursus agter die rug. Sy het selfs by die fotografieklub aangesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button