NewsSchools

Mnr. en Mej. PHS in styl

Die jaarliks Mnr. en Mej. PHS-geleentheid het vanjaar, nes in vorige jare, beslis nie teleurgestel nie.

POLOKWANE – Die jaarliks Mnr. en Mej. PHS-geleentheid het vanjaar, nes in vorige jare, beslis nie teleurgestel nie.

Die spoggeleentheid is op 23 April by die skool aangebied.

Die tema vir vanjaar was ‘n sirkustema, genaamd Cirque du PHS. Die aand is afgeskop met ‘n verwelkoming deur die hoofseun en hoofmeisie van die skool Rikus Fick en Monique Wreyford en ‘n kort video oor die sirkus om die opwinding aan te vuur. Kort bekendstellingsvideos van elk van die 12 deelnemers het aan die beoordelaars en gehoor die geleentheid gegee om iets van die deelnemers te leer voor die formele kompetisie.

Die beoordelaars op die aand was:

• Ben Schempers, oud leerder van die skool, sakeman en fiksheid-guru.

• Loudine Redelinghuys, oud leerder van die skool, en Mev. Polokwane 2015.

• Lolla de Beer, oud leerder van die skool en oud Mej PHS.

• Le-Lani Potgieter, 2011 hoofmeisie van die skool.

• Shaun Britz, 2011 hoofseun van die skool.

Eerste aan die beurt het deelnemers in hulle informele drag die gehoor aan hulle voete gehad. Die eie inisiatiefafdeling het aan elk van die deelnemers die kans gegee om nie net sangtalent te toon nie maar ook hule verhoogpersoonlikheid waardeur hulle gehoop het om die beoordelaars se guns te wen. Tydens die formele drag-deel is daar vrae aan die deelnemers gestel waarna die stem vir die wenners behartig is. Tussen die program deur het die senior leerlingraad lede hulle eie dans inisiatief op die verhoog gewys. Die titel van Mnr. PHS het gegaan aan André du Preez met die eerste prins Hein Pretorius en die tweede prins Zander Human. Mej. PHS is Chené Schulenburg met die eerste prinses Annemey Louw en die tweede prinses Imke Willemse.

Chené Schulenburg is ook aangewys as Mej. Persoonlikeid terwyl Zander Human met die titel van Mnr. Persoonlikheid weggestap het.

Leerders is geprys vir hulle voorkoms op die aand en André du Preez en Rachie van Staden is aangewys as Mnr. en Mej. Fotogenies. Beste eie inisiatief onder die seuns was André du Preez en beste eie inisiatief-meisie was Annemey Louw.

(PHOTO GALLERY)

Related Articles

Back to top button