Local NewsNews

Omgeegroep vir slagoffers gestig

Vier plaaslike inwoners het onlangs 'n ondersteuningsgroep vir verkragtingslagoffers op die been gebring, omdat hulle "nie wou toekyk hoe ander slagoffers ly nie".

POLOKWANE – Vier plaaslike inwoners het onlangs ‘n ondersteuningsgroep vir verkragtingslagoffers op die been gebring, omdat hulle “nie wou toekyk hoe ander slagoffers ly nie”.

Hiadee von Well, Bronwynn Blignaut, Sandra Sello en Nobza Javu het met die idee vorendag gekom. “Die groep is oop vir mans en vroue en deelname is gratis,” vertel Hiadee.

Sy is self ‘n paar jaar terug tydens ‘n gewapende rooftog in Polokwane verkrag.

Sy is getroud en het twee kinders. Bronwynn is ook tydens ‘n huisroof verkrag en vertel dat die feit dat haar saak afgehandel is, dinge vir haar makliker maak. Bronwynn meen daar is wel lewe na verkragting.

“Mense weet nie dat daar hulp is nie. Dit is wat ons wil doen. Ons wil vir slagoffers hulp bied,” vertel Sandra, wat gekaap is en toe deur ‘n groep mans verkrag is. Nobza, was as kind deur ‘n buurman verkrag is, maak dit duidelik dat daar nie” uitgepraat” sal word na die groep bymekaar gekom het nie. “Die is ‘n veilige plek waar mense net kan kom en gesels.”

Die vergaderings gaan een maal ‘n maand by Polokwane Kinder- en Gesinsorg in Jorrisonstraat plaasvind en die eerste een word reeds op 30 April gehou.

Lorette Bosch, ‘n maatskaplike werker, vertel dat die instansie as beskermheer sal optree en sal toesien dat vergaderings glad verloop.

“Sover ons weet is dit die eerste groep van sy soort in Polokwane.” Hiadee vertel dat daar geen ondersteuning van die aard vir hulle was nie.

“Slagoffers moet besef dit wat gebeur het is nie hulle skuld nie.” Vir meer inligting oor die ondersteuningsgroep, skakel vir Lorette Bosch by (015) 297 3326.

 

As safe as houses

Related Articles

Back to top button