CrimeNews

Verdagtes vas na flinke optrede

VIER verdagtes wat moontlik betrokke is by 'n huisbraak van 'n onbewoonde huis, is verlede Sondag vasgetrek na die flinke optrede van twee senior reaksie-offisiere van Suricat.

MOKOPANE – VIER verdagtes wat moontlik betrokke is by ‘n huisbraak van ‘n onbewoonde huis, is verlede Sondag vasgetrek na die flinke optrede van twee senior reaksie-offisiere van Suricat.

Volgens Rassie Erasmus, ‘n senior reaksie-offisier van Suricat, was die onbewoonde huis van Kobus Pretorius in Thabo Mbekistraat sedert 6 April vier keer die teiken van huisbraak en goedere te waarde van R25 000 is gesteel.

“Die huis se alarm is Sondagmiddag vir ‘n tweede keer geaktiveer en ek en Shaun Potgieter, ‘n senior reaksie-offisier, het gaan ondersoek instel. Met ons aankoms het ons gevind dat die slot van die garagedeur, asook die buitekamerdeur oopgebreek is. Ons het verder ondersoek ingestel en ek het met die bure gaan gesels, om te hoor of het hulle nie iets verdags gesien of gehoor nie. Tydens my gesprek het Shaun die ‘bolt cutter’, wat gebruik is om die slotte te breek, op die voorstoep versteek tussen rommel en van die gesteele goedere op die voorstoep van die bure gekry,” sê Erasmus.

Erasmus en Potgieter het die Mokopane polisie gekontak en die voorwerpe, asook die verdagtes aan hulle oorhandig vir verdere ondersoek.

Related Articles

Back to top button