Kom luister wat Eskom sê oor krag en beurtkrag

DIE Mokopane Sakekamer se komende ledevergadering vind plaas op 23 April om 18:30 by die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes.

MOKOPNAE – DIE Mokopane Sakekamer se komende ledevergadering vind plaas op 23 April om 18:30 by die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes.

Roger Stones, senior energie adiviseur van Eskom, is deur die Sakekamer genader siende die elektrisiteit krisis in Suid-Afrika wat almal raak, om meer inligting te kom verskaf rondom energie doeltreffendheid.

Christo van der Rheede, voorsitter van die Afrikaans Handelinstituut, (AHi), en Charl du Plessis, wat die plaaslike ekonomiese ontwikkeling portefeulje beklee by AHi, sal hul mening en insette rondom Eskom se stand van sake met die gemeenskap deel.

Die borg van die aand Gensol Generators sal hul kragopwekkers ten toon stel vir belangstellendes.

Almal is welkom om die geleentheid by te woon.

Maak jou bespreking by die Sakekamer (015) 491 8458.

Related Articles

Back to top button