School sportSport
Hokkiebokkies is bo
KRANIGE hokkiespelers van Hoërskool Piet Potgieter het van 25 Maart tot 1 April aan die Vallei Sportweek in Groblersdal deelgeneem.
MOKOPNAE – KRANIGE hokkiespelers van Hoërskool Piet Potgieter het van 25 Maart tot 1 April aan die Vallei Sportweek in Groblersdal deelgeneem.
Die eerste hokkiespan spog met ‘n onoorwonne titel van vyf wedstryde gedurende die toernooi en die nuweling, die o/14 A-span het hul vernuf op die veld opgeskerp.
Die o/14-span het gelykop gespeel teen Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Midstream en slegs teen Hoërskool Kanonkop verloor.
Die eerstespan het onoorwonne uit die stryd getree en is aangewys as die aanskoulikste span van die toernooi.
Uitslae:
HPP klop Hoërskool Vrede 2-0.
HPP klop Hoërskool OosMoot 1-1.
HPP klop Hoërskool John Vorster 4-0.
HPP klop Hoërskool Hartebeespoort 1-0.
HPP klop Hoërskool Overkruin 3-0.
You can read the full story on our App. Download it here.