EntertainmentLifestyle

Wen koopbewys met Vleispot

Review saam met Vleispot Slaghuis en Viva Take-Aways gee ‘n koopbewys van R250 aan een gelukkige leser.

LOUIS TRICHARDT – Of jy nou die beste kwaliteit vleis wil koop en of jy eerder lus is vir wegneemetes, is die Vleispot Slaghuis en Viva Take-Aways dié plek om te wees.
Innalize en CW Burger het hierdie slaghuis en wegneemete oopgemaak in Augustus 2013. “Ons slaghuis is spesiaal want ons doen baie moeite. Ons maak die vleise interessant en ons is altyd oop vir voorstelle. Ons het ook die oulikste blokman, Charles Fillet wat al hierdie interessante vleise uitdink,” verduidelik Innalize.
Vleispot Slaghuis het byna enige iets waaraan mens kan dink, crackling, gemarineerde hoenders, biltong sirkels, spek biltong, ontbeende hoender, chilli bites, rump sosaties, droëwors en kabanossi. Biltong ruikers word spesiaal opgemaak vir hulle kliënte. Wat die slaghuis laat uitstaan is die feit dat hulle tot 17:45 oop is. So vir die mense wat werk tot 17:00 is die slaghuis nog oop teen die tyd wat hulle van die werk af kom. Die slaghuis en Viva Take-Aways is direk langs mekaar geleë en selfde besigheidsure. Hulle is ook oop op Saterdae tot 13:00 op vakansiedae. En wanneer jy by die Take-Away meer as R100 se kos bestel word dit gratis in Louis Trichardt afgelewer.

 

SMS COMP

Review saam met Vleispot Slaghuis en Viva Take-Aways gee ‘n koopbewys van R250 weg aan die eerste leser wat die volgende vraag korrek kan antwoord.

Hoe lank bestaan Vleispot Slaghuis in Louis Trichardt al?

SMS die antwoord na 079 879 6758.

Die wenner van die koopbewys sal telefonies in kennis gestel word. Wenner moet beskikbaar wees vir foto wat in die koerant gepubliseer sal word.

Kompetisie slegs vir Louis Trichardt inwoners

Related Articles

Back to top button