Editor's choiceLocal sportSport

Kampioen ruiter

Plaaslike ruiter Daniëlle Lemmer het haar talent behoorlik ten toon gestel toe sy onlangs aan die jaarlikse Nissan Paasskou by Kyalami Park in Johannesburg deelgeneem het.

POLOKWANE – Plaaslike ruiter Daniëlle Lemmer het haar talent behoorlik ten toon gestel toe sy onlangs aan die jaarlikse Nissan Paasskou by Kyalami Park in Johannesburg deelgeneem het.

Die toernooi is van 28 Maart tot 6 April aangebied.

Op 28 Maart neem Daniëlle aan die Open Working Hunter-kategorie deel, waar sy ‘n eerste plek behaal met haar perd C’mon Indy.

Dié gedugtige ruiter-en-perd span ‘n dag later weer saam om ‘n tweede plek te behaal in die Open Equitation-klas. Hierna neem Daniëlle van 2 tot 6 April aan die junior Suid-Afrikaanse Grand Prix deel met haar perd, Callaho Elmo. Tydens die kwalifiserende 1,3m springrondes behaal hulle ‘n eerste asook ‘n vyfde plek, en kwalifiseer sy uit ‘n groep van 19 ruiters in die eerste plek vir die finale ronde op 6 April.

Dié geleentheid het oor drie rondes plaasgevind, met Daniëlle en Callaho Elmo wat ‘n skoon rekord hier losspring, asook die vinnigste tyd in die kampioenskap.

Daniëlle is aangewys as die Nissan Suid-Afrikaanse Junior Ope Grand Prix kampioen, asook as die 1,3m spring Victrix Ludorum.

“Ons is baie trots op haar. Sy het besonders goed gevaar in dié groot kompetisie, ” het haar pa, Rudolph Lemmer, gesê.

Daniëlle Lemmer tydens die Nissan Paasskou.
Daniëlle Lemmer tydens die Nissan Paasskou.

Related Articles

Back to top button