MunicipalNews

Swem hiér blyk nie opsie te wees in huidige jaar

Die swemseisoen is amper verby en Louis Trichardt se munisipale swembad is nog steeds nie reg vir gebruik nie.

LOUIS TRICHARDT – Die swemseisoen is amper verby en Louis Trichardt se munisipale swembad is nog steeds nie reg vir gebruik nie.

Burgemeester David Mutavhatsindi het verlede jaar op 20 Mei die amptelike bouwerk van die swembad geopen deur die eerste teel af te kap.

Tydens hierdie geleentheid het Mutavhatsindi gesê dat die hekke van die swembad op 30 Junie sou oop wees vir die publiek.

Die hekke het egter toegebly en inwoners het agterdogtig geraak.

“Ons hoor nou al amper ‘n jaar lank dat die swembad gaan open, maar niks gebeur nie. Dis elke keer ‘n ander verskoning.

“Die ergste van alles is al maak hy oor ‘n maand oop gaan ons hom nie kan gebruik nie, dit is klaar te koud om te swem,” sê Paulina Mamburu, ‘n inwoner.

Op 23 September het Louis Bobodi, woordvoerder van die Makhado Munisipaliteit gesê dat die boukontrakteur gesukkel het om sekere materiaal in die hande te kry en dit het die proses vertraag.

In Januarie het Review weer met Bobodi gepraat en hy het verduidelik dat die bouwerk klaar is en al wat nog gedoen moes word is die swemlane wat geverf moes word.

“Sodra die swemlane klaar geverf is sal die swembad geopen word, dit behoort nie later as einde Februarie te wees nie,” het hy gesê.

Op 23 Maart het Review weer vir Bobodi gekontak. “Om en by einde April behoort die swembad oop te maak.

“Daar is nie probleme met die swembad nie net klein dinge wat uitgesorteer moet word,” sê Bobodi.

Related Articles

Back to top button