NewsSchools

Akademie Reformia-pad nou geteer

Danksy jare se drome, maande se be-planning, die welwillendheid van skenkers en baie harde werk spog Akademie Reformia met 'n pragtige nuwe teerpad na die skool se nuwe skoolterrein toe.

POLOKWANE – Danksy jare se drome, maande se be-planning, die welwillendheid van skenkers en baie harde werk spog Akademie Reformia met ‘n pragtige nuwe teerpad na die skool se nuwe skoolterrein toe.

In Januarie het Review berig oor die skool se nuwe skoolterrein.

Akademiestraat, wat na die skool vernoem is, was destyds in die proses om geteer te word.

Marietha Nel, Akademie Reformia se skoolhoof, sê een van die voorwaardes wat die skool se beheerliggaam gestel het voordat hulle toestemming verleen het dat die skool na die nuwe terrein kon verskuif, was dat Akademiestraat so gou as moontlik geteer moes word.

Sy sê die projek is verlede week voltooi en die leerders, personeel en ouers is baie trots op dit wat hulle hier vermag het.

Volgens Nel kan die skool nie genoeg dankie sê aan almal wat gehelp het om hierdie droom te bewaarheid nie.

“Die teerpad-projek het die skool R1,6 miljoen uit die sak gejaag.

“Ons is baie dankbaar vir elke persoon en instansie wat gehelp het om die pad te laat teer. Ons sê veral baie dankie aan André Saaiman vir sy bystand,” sê sy.

'n Laaigraaf is besig om die grond voor te berei om Akademiestraat, wat na Akademie Reformia se nuwe skoolterrein lei, te teer.
‘n Laaigraaf is besig om die grond voor te berei om Akademiestraat, wat na Akademie Reformia se nuwe skoolterrein lei, te teer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button