NewsSchools

Jas Hansen-rugbyjaar skop af by HPP

RUGBY lê skoolhoof Jas Hansen na aan die hart en daarom is die rugbyseisoen wat pas by Hoërskool Piet Potgieter afgeskop het, vanjaar opgedra aan hom en sal dit bekend staan as die Jas Hansen-rugbyjaar.

MOKOPANE – RUGBY lê skoolhoof Jas Hansen na aan die hart en daarom is die rugbyseisoen wat pas by Hoërskool Piet Potgieter afgeskop het, vanjaar opgedra aan hom en sal dit bekend staan as die Jas Hansen-rugbyjaar.

Die eersterugbyspan draf vanjaar uit in truie met die naam Jas Hansen netjies aan die binnekant geborduur.
Hansen tree einde vanjaar uit.
‘n Bekendstellingsgeleentheid is verlede Donderdag in ‘n volgepakte skoolsaal gehou waar die spelers ‘n erekode geteken het en ook aan die gehoor voorgestel is. Al die spanne van o/14 tot o/19 is aangewys en spog met nuwe rugbytruie te danke aan die borge.
Andries Botha, afrigter en onderwyser, het die seuns gemotiveer met ‘n praatjie oor sy kleintyd droom om met mense te werk en sy broer die bekende rugbyspeler, Arno Botha, se ideaal om ‘n rugbyster te word.

Die o/15-span saam met skoolhoof Jas Hansen en hul afrigter, Kieron van der Merwe is opgewonde oor hul eerste wedstryd.
Die o/15-span saam met skoolhoof Jas Hansen en hul afrigter, Kieron van der Merwe is opgewonde oor hul eerste wedstryd.
Die eersterugbyspan saam met afrigters Andries Botha en Douw Oosthuizen.
Die eersterugbyspan saam met afrigters Andries Botha en Douw Oosthuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button