Local NewsNews

Opruimaksie by Maribashoek

VERSKEIE instansies het verlede Saterdag hulle moue opgerol en ingespring om die strate in die omgewing van Maribashoek skoon te maak.

MOKOPANE – VERSKEIE instansies het verlede Saterdag hulle moue opgerol en ingespring om die strate in die omgewing van Maribashoek skoon te maak.

Werkers van die DA, Sunrise School, Arend Buurtwag, Mokopane polisie, Love Life Mahwelereng, Mokopane FM en die Mogalakwena Munisipaliteit het vroegoggend met die grootopruim werk begin.
Die skoonmaak van die strate is ‘n projek van die Kholofelang Youth Empowerment Organisation se projek Take a Child Safe to School.
Die doel van die projek was om die rommel te verwyder sodat die skoolkinders en voetgangers die sypaadjies veilig kan gebruik en nie nodig het om in die strate te loop, waar hul moontlik omgery kan word nie. Die skoonmaak help ook sodat die motorist voetgangers kan sien.

Jonk en oud het gehelp om die rommel op te tel.
Jonk en oud het gehelp om die rommel op te tel.

Related Articles

Back to top button