Local NewsNews

Sakeman Piet de Bruyn weer aan die stuur

DIE Mokopane Besigheidskamer spog nie net met ‘n nuwe bestuur nie, maar ook met ‘n gesoute president, Piet de Bruyn, van B&D Rekenmeesters.

MOKOPANE – DIE Mokopane Besigheidskamer spog nie net met ‘n nuwe bestuur nie, maar ook met ‘n gesoute president, Piet de Bruyn, van B&D Rekenmeesters.

De Bruyn is op 26 Februarie vir die tweede agtereenvolgende jaar as president verkies.
“Ek is al vir nege jaar lid van die sakekamer omdat ek aktief betrokke wil wees in die aanspreek en oplossing van probleme in Mokopane. Die korrespondensie gedurende sakekamervergaderings verseker dat oplossings rakende uitdagings in die Mokopane sakelui gevind word,” sê De Bruyn.
De Bruyn poog om die volgende probleme aan te spreek in sy termyn as president:
• Om te help om die Mogalakwena Munisipaliteit weer tot ‘n werkende instansie te bring wat puik diens aan  die gemeenskap lewer.
• Om in samewerking met die munisipaliteit die infrastruktuur in orde te kry vir wanneer die myne in werking tree. “Ons gaan ‘n plan moet beraam met die hoeveelheid vragmotors wat skade aan ons paaie aanrig.”
• Die sakekamer poog om sover moontlik die omgewing vir besighede in die dorp te verbeter.
“Kommerpunte vir die sakekamer is die hoë belastingkoers, die munisipale tariewe wat verhoog en dienslewering wat verswak.
“Die sakekamer vertrou egter dat die myne en die koms van ‘n privaat hospitaal die dorp se ekonomie sal stimuleer.”
De Bruyn nooi alle besighede uit om by die sakekamer te kom aansluit. “Hoe meer mense betrokke raak, oor hoe meer mag beskik die sakekamer en hoe meer mense slaan ag op ons, om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te kan maak.”

Die topbestuur van die Mokopane Besigheidskamer is, voor: Hilary Knight, (2de visepresident), Piet de Bruyn, (president), Andy Goetsch, (1ste visepresident) en Dalene van Eyk, (tesourier) asook Rico Honeycomb, Francois Du Toit, Lunessa Joubert, Pieter Blignaut, Ford Winnertz en Gerrit van der Veen.
Die topbestuur van die Mokopane Besigheidskamer is, voor: Hilary Knight, (2de visepresident), Piet de Bruyn, (president), Andy Goetsch, (1ste visepresident) en Dalene van Eyk, (tesourier) asook
Rico Honeycomb, Francois Du Toit, Lunessa Joubert, Pieter Blignaut, Ford Winnertz en Gerrit van der Veen.

Related Articles

Back to top button